NamRA: Meld gesteelde pakkies aan

NamRA hou tans ‘n vergadering met uitklaringsagente en klein-medium-onderneming-invoerders om kwessies van wedersydse kommer te bespreek wat prosedures van uitklaring en bewerings van vermiste pakkies van die doeanekantoor insluit. NamRA se kommissaris Sam Shivute het tydens die vergadering gesê as mense vermoed dat NamRa-werknemers hul pakkies steel, moet hulle dit dadelik aanmeld.