Mariental het ‘n tekort aan drinkwater

Mariental ervaar tans ‘n tekort aan drinkwater. Die dorp se hoof-reservoir het vanoggend op 30 persent gestaan. Die vlak sal weer gedurende die dag daal as gevolg van verbruik. Die munisipaliteit doen ‘n beroep op inwoners om water spaarsamig te gebruik. Die mikpunt is om die reservoir teen Vrydag bo 50 persent te kry. NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom daar watertekorte ervaar word.  

Hy sê die watervlak het intussen tot 35 persent gestyg.