ANC-lede daag NUK-lys uit 

Nege ontevrede ANC-lede het ‘n aansoek by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien oor benoemings vir die party se nasionale uitvoerende komitee. Die lede eis dat die benoemingsyfers op die lys vir die top-ses bekend gemaak word, asook die lys met die 200 lede wat meeding om die 80 setels in die NUK-struktuur van die regerende party. Hulle bevraagteken ook die kriteria wat die ANC gebruik het om sommige kwalifiserende lede uit te skakel om geslagsgelykheid te bevorder. Die party se verkiesingskomitee gaan die aansoek teenstaan.