NamRA herinner aan amnestie wat op 1 Junie afgeskop het

Agterstallige belastingbetalers word daaraan herinner om die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, te besoek oor die Gewysigde Elektroniese Belasting-verligtingsprogram wat op 1 Junie vanjaar in werking getree het. Dit volg na die publiek versoek het dat die agentskap die program verleng, nadat die eerste een tot ‘n einde gekom het. Belastingbetalers wat van die amnestie gebruik wil maak, moet op die agentskap se e-liasseerstelsel, ITAS, registreer, sê NamRA, se kommunikasie-hoof, Steven Ndorokaze, aan Kosmos 94.1 Nuus.