Tories oorleef vir nog ‘n dag

Eerste minister Boris Johnson se regering het laat gisternag ‘n mosie van vertroue in die Laerhuis gewen ná ‘n debat van vyf ure. Tory-parlementslede wat hierdie maand saam gewerk het om Johnson uit die kussings te lig, het sy tussentydse regering ondersteun om die Arbeidersparty met 349 stemme teen 238 te verslaan. Dit beteken die regering bly aan bewind terwyl die Konserwatiewe Party ‘n nuwe leier kies. Johnson sê hy is trots op wat sy regering gedoen het: