NamRa en Bipa onderteken samewerkingsooreenkoms

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se kommissaris Sam Shivute het ‘n vergadering met bestuurders van die Besigheid en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa gehou om moontlike samewerking oor die registrasie van besighede van die twee instellings te bespreek. ‘n Samewerkingsooreenkoms is onderteken. Bipa se waarnemende uitvoerende hoof, Aina Kaundu, sê hulle sien uit daarna om saam met NamRA te werk.