Leierskapsberaad die naweek aan die kus

Talle jong professionele mense word gedwing om hul huidige beroepspaaie en medium termyn prioriteite te herevalueer. Die eerste Jong Professionele Leierskapsberaad vind Saterdag op Swakopmund plaas. Dit is ‘n geleentheid vir jong professionele mense om advies te kry en hul netwerk te verbreed. Die adjunkminister van inligting, Emma Teofelus, is een van die spreker. Linda Mpupa, kommunikasiebeampte van die nieregeringsorganisasie Ipupa K Grow sê die beraad sal baie insiggewend wees.