Man dood na motorfietsongeluk

Die 58-jarige Josia Swart het vanoggend omstreeks vier-uur in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic op Swakopmund aan sy beserings beswyk, nadat hy Saterdagoggend in ‘n ongeluk met sy motorfiets betrokke was. Volgens die polisie in die Erongo-streek het Swart ‘n klip met sy motorfiets op die grondpad naby Nonidas buite Swakopmund getref. Hy het beheer oor sy motorfiets verloor en dit het omgeslaan. Swart is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.