NamRA besoek grensposte in Zambezi-streek

Die Namibiese Inkomste Agentskap, NamRA, se bestuur onder leiding van kommissaris Sam Shivute, besoek tans die Zambezi-streek om die lewensvatbaarheid van ‘n een-stop grenspos by Katima Mulilo tussen Namibië en Zambië te hê. Dit het ten doel om oorgrens handel te bevorder en die klaring van goedere by grensposte te versnel. Die NamRA-span het ook besoek by die streeksgoewerneur Lawrence Sampofu, afgelê wat beklemtoon het dat grensposte die spieëls van ‘n land is waar dienslewering top-klas moet wees. Steven Ndorokaze, kommunikasiehoof van NamRA sê verskeie grensposte is besoek.