NamPower gaan voort met kragonderbrekings vir wanbetalers

NamPower het in ‘n mediaverklaring bevestig dat die maatskappy wel die kommunikasie oor die kabinetsopdrag van die minister van finansies en openbare ondernemings ontvang het. Na behoorlike oorweging het die raad egter eenparig besluit om sy finansiële verantwoordelikhede uit te oefen. Die raad en bestuur het besluit om voort te gaan met grootskaalse kragonderbrekings omdat dit in die beste belang van die finansiële volhoubaarheid van die maatskappy en vir volhoubare kragvoorsiening in die land is. Volgens NamPower is die toepassing van die kragonderbrekings aan wanbetalende kliënte die laaste uitweg om sy uitstaande skuld van een miljard Namibiese dollar in te vorder. Die kragvoorsiener het weer ‘n beroep op wanbetalende kliënte gedoen om hul skuld te vereffen.