Huurbeheer-wetsontwerp draai in die parlementJune 7, 2023
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het in die parlement onder skoot gekom weens die sloerdery van die wetsontwerp op huurbeheer, asook die Huurbeheerraad . Op die oomblik word wetgewing wat met huur verband hou, soos slegs ‘n 50 persent-deposito en dat die deposito belê en met rente uitbetaal moet word, nie toegepas nie. Daar is ook nie standaarde vir huur-eiendomme nie. Maximilian Katjimune, die woordvoerder van die PDM-jeugliga, het vandag in die Nasionale Vergadering aan die lynminister Erastus Uutoni gevra hoekom hy so lank neem om die wetsontwerp op huurbeheer ter tafel te lê.