Kragonderbrekings het impak op leerders, studente

Grootskaalse kragonderbrekings is deur NamPower ingestel nadat dit teen die kabinetsopdrag gegaan het en steeds by sy besluit hou. Die meeste dorpe en nedersettings in die Suide het sedert Maandagaand saans vanaf vyf-uur tot nege-uur geen elektrisiteit nie. Inwoners moes van kerse sowel as kragopwekkers gebruik maak nadat NamPower besluit het om krag na wanbetalers af te sny. Studente en leerders skryf tans eksamens en dit het ‘n impak op hul studies. Kosmos 94.1 Nuus het met Hawie Engels, die oud-hoof van Windhoek Hoërskool, gepraat oor die negatiewe invloed wat dit op leerders en studente het, veral met die swak eksamenuitslae in die land.