Nampol weet niks van pro-Russiese optog nie

‘n Plasing op sosiale media, wat melding maak van ‘n optog, moontlik volgende week Woensdag, ter ondersteuning van Rusland, het wyd reaksie uitgelok. Namibiërs is redelik verdeeld oor die oorlog in Oos-Europa met talle Namibiërs wat tradisioneel pro-Rusland gesind is. Die optog sal blykbaar na beide die Russiese en Oekraïnse ambassades beweeg, maar Namibië geen Oekraïnse ambassade of konsulaat nie. Geen melding van kontak nommers of tyd van die optog is op die foto gemaak nie, en Kosmos 94.1 Nuus het met die Khomas-bevelvoerder kommissaris Ismael Basson gepraat oor of daar aansoek was vir so ‘n optog…