Presidensie in SA doen ‘n beroep vir diplomatieke oplossing in Oekraïne

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet is steeds diep bekommerd oor die voortslepende konflik tussen Rusland en die Oekraïne. Hy het die land ingelig oor die besluite op gister se kabinetsvergadering. Gungubele sê die maatskaplik-ekonomiese koste van die konflik is verwoestend, en die uitwerking daarvan sal regoor die wêreld gevoel word. Hy versoek onderhandelings om ‘n diplomatieke oplossing te vind en vra alle partye om menseregte te beskerm: