Oshikuku Landbou-ekspo skop Donderdag af

Die Oshikuku Landbou-ekspo in die Omusati-streek vind vanaf Donderdag tot Saterdag plaas en sal na verwagting ongeveer 40 uitstallers lok. Die ekspo se doel is om ‘n platform te skep vir boere in die noordelike gebiede om hul produkte ten toon te stel en met potensiële beleggers te skakel. Parastus Nepolo, voorsitter van die ekspo, sê dat hulle reeds meer as 20 uitstallers het en die aansoeke stroom steeds in. Die adjunkminister van landbou, Anna Shiweda, sal die skou amptelik open.