Sewe-sitplek taxi’s, permitte en meer – Nabta gesels

Die sewe-sitplek taxi’s op Walvisbaai kla dat NaTIS hulle permitte vertraag en dus word hulle gedwing om onwettig tussen Windhoek en die kus te pendel. Daar is volgens berigte ongeveer 80 van die taxi’s op Walvisbaai met net 35 wat aansoek gedoen het vir die permitte en die aantygings teen NaTIS maak. Maar, volgens Pendapala Nakathingo, van die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, berus die permitte nie by NaTIS nie.