Nampol vergader met Otjimbingwe-boere

Die Erongo-polisie sal die komende Saterdag met boere in die Otjimbingwe-gebied vergader. Die kwessie van veediefstal sal, onder andere, onder die loep kom. Veediefstal is regoor die land ‘n uitdaging en verskeie vergaderings is ook reeds met boere in ander streke gehou. Die Erongo bevelvoerder, kommissaris Nikolaus Kupembona sal die vergadering, wat by die gemeenskapsaal gehou sal word, bywoon. Inspekteur Ileni Shapumba het meer.