Dos Santos is dood aan natuurlike oorsake, oorskot mag gerepatrieer word

‘n Spaanse regter het beslis die dood van Angola se oudpresident Jose Eduardo dos Santos in Barcelona in Julie was weens natuurlike oorsake. Hy het opdrag gegee dat sy oorskot gerepatrieer word. Die Carmen Varela en Molins regsfirmas wat dos Santos se dogter Tchizé dos Santos verteenwoordig, het vroeër suksesvol ‘n volledige lykskouing aangevra met verwysing na beweerde “verdagte omstandighede” van sy dood, sonder om bewyse te verskaf, en gevra dat sy liggaam in Barcelona begrawe word. Hulle het aangedui hulle sal appelleer, met die argument dat die regter nie bevoeg was om oor die saak te beslis nie. Dos Santos, wat vyf jaar gelede uitgetree het, is op 8 Julie in die ouderdom van 79 oorlede by ‘n kliniek in Barcelona, waar hy vir ‘n langdurige siekte behandel is.