Nampol: Sosiale media kan bydra tot geslagsgeweld

Die onderwerp oor die rol van die misbruik van sosiale media in die bekamping van geslagsgeweld was die tema vandag tydens ‘n openbare bespreking van die inligtingsministerie by die regeringsentrum. Die Namibiese polisie se nasionale woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het gesels oor hoe sosiale media kan bydra tot gevalle van geslagsgeweld. Sy sê dit is jammer dat sommige mense sosiale media vir die verkeerde redes gebruik.