#NoOneIsLeftOutFestival in September in Windhoek aangebied

Die NoOneIsLeftOutFestival is ‘n gratis fees wat daarop gemik is om Namibiese kunstenaars en die publiek te mobiliseer om te verenig in die 15de herdenking van die Internasionale Basiese Inkomste-toelae-week met die tema “Basiese Inkomste-toelae is ‘n basiese mensereg” vanaf 19 vanaf 25 September. Die fees vind plaas op Saterdag 24 September by die Zoo Park se amfiteater in Onafhanklikheidsrylaan. Buiten optredes van bekende kunstenaars, sluit ander aktiwiteite in ‘n blaasorkes-optrede, ‘n modevertoning, kindervermaak, tradisionele danse, poësie, drama en stalletjies wat “Made in Namibia”- skoonheidsprodukte, mode en tradisionele kos verkoop. Veldtogkoördineerder, Renaani Musutua gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Sy sê ook hoekom die fees se naam NoOneIsLeftOutFestival is.