Jones gesels oor môre se kragmeting teen Australië

Engeland se afrigter, Eddie Jones, sê die beslissende wedstryd in die toetsreeks teen Australië wat môre plaasvind, gaan van sy spelers se ingesteldheid afhang. Jones het drie veranderings aangebring. Ollie Chessum en Lewis Ludlam vervang Maro Itoje en Sam Underhill, wat albei in die tweede toets harsingskudding opgedoen het. Danny Care is die enigste verandering in die agterlyn en hy vervang Jack van Poortvliet as skrumskakel. Jones sê hulle sien uit na die uitdaging om die reeks te wen: