Nampol se hardhandige optrede weer onder die loep

Polisie-brutaliteit is weer onder die loep in Namibië. Dit volg nadat die NEFF-aktivis Michael Amushelelo ná sy inhegtenisname in die hoofstad 750 000 Namibiese dollar van die Namibiese polisie en sy inspekteur vir skadevergoeding, pyn en lyding eis. Hy eis ook die name van die beamptes wat hom gearresteer en beseer het. Kosmos 94.1 Nuus het aan aktivis Knowledge Ipinge gevra of luitenant-generaal Joseph Shikongo die saak met meriete sal hanteer.

Ipinge voeg by die kwessie van onwettige arbeidspraktyke teen Namibiese werkers vind regoor die land plaas.