Groot biddag vir Namibiërs in Maart

Die Namibiese geestelike gemeenskap gaan ‘n byeenkoms aanbied om vir Namibië en Afrika te bid. Speak Jesus vind op 25 Maart by die Dr. Hage Geingob-rugbystadion in die hoofstad plaasvind met die bekende evangelis Angus Buchan as die hoofspreker. Die geleentheid sal gratis wees en dit sal byna alle maatskaplike kwessies dek waarmee Namibiërs te kampe het. Die organiseerder Romie van Wyk sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie geleentheid is vir alle Namibiërs.