Nampol sê dit is moeilik om sake van weggooibabas te ondersoek

Die Namibiese polisie het 71 onwettige aborsies tussen 2018 en 2021 vir die maande Januarie tot Augustus elke jaar ondersoek. Hulle het ook 124 gevalle van verberging van geboortes in die vier jaar ondersoek. Net in 2020 het die polisie 50 sake van die verberging van geboortes ondersoek. Generaal-majoor Anne-Marie Nainda het gesê om sake van weggooibabas te ondersoek is ingewikkeld en moeilik. Sy sê die aantal onwettige aborsies wat gerapporteer word is baie laer as wat werklik gebeur. Wat gebeur met hierdie gevalle nou dat daar openbare verhore is om aborsie te wettig? Geslagsaktivis, Linda Baumann, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dit is belangrik dat huidige onwettige aborsies anders hanteer moet word as wat ná die openbare verhore oor die wettiging van aborsies gaan gebeur.