Adjunkpremier sê volksmoord moet met sensitiwiteit hanteer word

Die adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag aan die volksmoord-debat in die Nasionale Vergadering deelgeneem. Sy het gesê die kwessie van volksmoord is van nasionale belang, dit moenie verpolitiseer word nie en moet met die nodige sensitiwiteit hanteer word. Nandi-Ndaitwah het ook gesê die pyn wat Duitsland aan volksmoord-slagoffers berokken het, het ‘n impak op alle Namibiërs.