Wêreldwye tekorte aan produkte ondervind

Lande regoor die wêreld ondervind ‘n tekort aan ‘n verskeidenheid produkte weens ‘n reeks omstandighede, onder andere die Covid-19-pandemie se groot ontwrigting. In China sal papier, tekstiele en speelgoed moontlik min wees hierdie Kersfees en daar is ook ‘n tekort aan iPhone-parte. ‘n Bottelnek by Amerikaanse hawens beïnvloed die voorraad van speelgoed, toiletpapier, nuwe klere en kos vir troeteldiere. Kommer heers in Libanon oor die tekort aan water, medisyne en brandstof weens ‘n voortdurende ekonomiese krisis.