Nampol ondersoek menslike oorskot wat naby Mariental gevind is

Die Namibiese polisie sê menslike oorskot is gevind naby die oewer van die Visrivier by Mariental. ‘n Prospekteerder, 46 jaar oud, het per abuis die oorskot opgegrawe. Dit het reeds op 13 Augustus plaasgevind maar, die man was bang om dit aan te meld omdat hy onder die indruk was dat hy gearresteer sou wees. Die polisie is Saterdag ingelig en ‘n span is ontplooi. Die ondersoek duur voort.