Shifeta gee nog 6 maande vir registrasie van dobbelmasjiene

Die minister van toerisme Pohamba Shifeta het te kenne gegee dat die registrasie van dobbelmasjiene nog vir die volgende ses maande moontlik is. Shifeta sê die grasieperiode geld vanaf 1 September tot 28 Februarie volgende jaar. Hy sê hy het kennis geneem van klagtes van die bedryf in verband met die nuwe wetgewing. Dit bepaal dat alle dobbelmasjiene en casino’s en dobbelhuise geregistreer moet wees op die sentrale elektroniese stelsel. Hy voeg by dat aansoeke vir lisensies vir alle kategorieë, behalwe dobbelmasjiene, steeds oop is.