Ramaphosa takel glo kragkrisis

President Cyril Ramaphosa ondersoek dringende maatreëls om die uitwerking van beurtkrag te bekamp, aldus die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya. Dit volg nadat Eskom Woensdag aangekondig het fase 6-beurtkrag geld onbepaald weens ‘n ernstige gebrek aan opwekkingskapasiteit. Boonop styg Eskom-tariewe met 18,65 persent in April. Magwenya sê Ramaphosa hou dringende vergaderings oor die huidige energiekrisis.