Nampol maan teen swendelaars in Noorde

Die polisie in die Oshana-streek is op die spoor van twee swendelaars wat na bewering mense gyselaar neem en hul geld eis. Die slagoffers word glo gedwing om vriende of familielede te kontak en hulle versoek om dringend geld elektronies te stuur. Volgens Nampol gee twee jong mans in ‘n silwer Volkswagen Polo voor dat die voertuig ‘n taxi is. Sodra passasiers opgelaai word, word hulle met messe gedreig en by hulle geëis dat familielede of vriende geld elektronies oorbetaal. Sodra die elektroniese transaksie gedoen is, trek die verdagtes die volle bedrag en word die slagoffers uit die voertuig gegooi.