Hulp nodig by twee reuse-veldbrande in Suide

Hulp is dringend nodig by die reuse-veldbrande in die suide van Namibië. Veldbrande woed tussen Mariental en Maltahöhe in die Hardapstreek, asook by die Karasberge tussen Karasburg en Aroab in die Karas-streek woed. Die brande het al groot skade aangerig en nóg verder oor groter gebiede versprei. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude is daar nog geen teken van rampbestuur deur die owerhede nie. ‘n Beroep word op vrywillige brandslaners in die twee gebiede gedoen om te gaan help om die vlamme te blus. Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is op pad na die brande.