Nampol konfiskeer N$2m se dwelms in Augustus

Die Namibiese polisie het dwelms ter waarde van net meer as 2 miljoen Namibiese dollar in Augustus gekonfiskeer. Daar is beslag gelê op 1,94 miljoen dollar se dagga, amper 63 000 dollar se Mandrax-tablette, en 26 500 dollar in kokaïen. Volgens die mag is 148 verdagtes gearresteer waarvan 136 Namibiese burgers is met ses Angolese, sowel as een Suid-Afrikaner, een Kongolees, ‘n Nigeriër, ‘n Tanzaniër en ‘n Zambiese burger wat ook agter tralies is.