Nuwe raadslid Vrydag by Khomas-streeksraad ingelyf

Die nuwe raadslid vir die Moses //Garoëb-kiesafdeling, die Swapo-kandidaat Stephanus Ndengu word Vrydagoggend om tien-uur by die Khomas-streeksraad ingelyf. Dit sal ook die amptelike opening vir die nuwe jaar van die Khomas-streeksraad wees. Ndengu is verlede Vrydag tydens die tussenverkiesing in dié kiesafdeling verkies nadat hy vier ander kandidate verslaan het. Slegs 4 822 kiesers uit die 42 135 geregistreerde kiesers, of te wel 11,5 persent in dié kiesafdeling, het hul kruisies gaan trek.