Nampol en ekstra sekuriteit by Whk-skou ontplooi

Skougangers kan vanjaar veilig voel by die Windhoek-skou wat volgende week Vrydag in die hoofstad begin. Nampol sê beamptes sal op die perseel ontplooi word en die Skou-vereniging het ook reeds sekuriteit gereël. Maar, adjudant-offisier Silas Shipandeni van Nampol, sê die publiek het ook ‘n verantwoordelikheid.