Suid-Afrikaners sal nie meer betaal om in die donker te bly nie – DA

Die DA sê Eskom se aansoek om ʼn tariefverhoging van 32 persent vir 2023 is verregaande en ‘n belediging vir Suid-Afrikaners. Volgens die party het Eskom se sakemodel misluk en daar kan nie van verbruikers verwag word om in te staan vir die uitgawes van ʼn maatskappy wat op lewensondersteuning is nie. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Kevin Mileham gaan die party ʼn omvattende mondelinge voorlegging teen die tariefverhoging doen wanneer die energiereguleerder Nersa aanstaande week sy proses van openbare deelname begin: