Nampol beleef besige Kersnaweek op misdaadfront

Die Namibiese polisie het ‘n besige Kersnaweek op die misdaadfront beleef met verskeie voorvalle wat landwyd aangemeld is. Volgens die misdaadverslag is ‘n man in Windhoek vermoor tydens die verdagte se gewelddadige aanval op verskeie mense. Vier padongelukke het die lewens van nege mense geëis, waar onder ‘n donkiekar-ongeluk naby Khorixas. Twee mense het hul eie lewens geneem, drie mense het in die Noorde en by Walvisbaai verdrink. Die Namibiese vloot se lewensredders en die Isap-vliegtuig is ingespan om na die liggaam van die 17-jarige seun by Walvisbaai te soek. Twee vroue, asook twee meises, ‘n drie-jarige en 12-jarige is verkrag.