Dodetal styg in Amerika se ysige koue

Ten minste 30 mense is dood in Amerika weens die ysige koue. Die Arktiese koue gekombineer met swaar sneeu en loeiende winde uit die Groot Mere-streek en in die Bo-Mississippi- en Ohio-vallei, heers sedert Vrydag. Kragonderbrekings, vlug-kansellasies en padongelukke is enkele van die nagevolge die “sikloonbom” wat groot dele van Amerika getref het. Die meeste lewensverliese het in en rondom Buffalo by die Erie-meer in westelike New York voorgekom waar 12 sterftes aangemeld is. Meer as 1,8 miljoen huishoudings en ondernemings is sonder krag en duisende vlugte is vertraag en  gekanselleer.