Nampharm en Jordaan se saak word die week verhoor

Die saak waar Nampharm die bekende dr. Danie Jordaan vir net minder as 594 000 Namibiese dollar – in wat die maatskappy beskryf as onbetaalde fakture – dagvaar, is vandag neergelê vir verhoor in die hoërhof. Volgens Nampharm se eis het Jordaan in April 2016 ‘n ooreenkoms met hom gesluit en ‘n rekening oopgemaak om van tyd tot tyd medisyne aan hom te verskaf. Nampharm sê net meer as 1,4 miljoen dollar se goedere is verskaf maar, Jordaan het blykbaar net meer as ‘n miljoen dollar betaal. Die eis is reeds in September 2018 onderteken.  Nampharm het ook al aansoek gedoen vir ‘n summiere vonnis wat suksesvol deur Jordaan teengestaan is. Regter Boas Usiku, sal die saak, wat deur Jordaan verdedig word, aanhoor.