Ingryping kom die week in verband met verdrinkings in die Noorde

‘n Volwasse man het by ‘n nedersetting in die Endola-kiesafdeling verdrink terwyl hy saam met vriende in ‘n gronddam geswem het. Die 25-jarige Petrus Wilhelm, kon nie swem nie en sy vriende het hom tevergeefs probeer red. Hy is een van talle verdrinking-slagoffers in die Noorde, wat herhaaldelik voorkom wanneer die oshanas en gronddamme vol water is en daarom gaan Monarch Lifeguard and Emergency Services vandeesweek gratis opleiding in waterveiligheid by Eenhana in die Ohangwena-streek aanbied. Stigter van Monarch, Martin Muyenga, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.