Ernstige kommer oor Covid-variante in SA

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê nuwe korona-virus variante wat die land binnekom, is ‘n bron van ernstige kommer. Dit volg op bevestiging dat 4 gevalle van die B.1.617.2-variant, bekend as die Indiese variant, in Suid-Afrika waargeneem is. Twee hiervan is in Gauteng en 2 in KwaZulu-Natal. Daarbenewens is 11 mense met die Britse variant gediagnoseer. Mkhize sê die publiek mag nie oorgerus raak nie: