NamLITS Aanlynkafee bied uitweg

Nicolene Coetzee het, in samewerking met die Vleisraad, die inisiatief geneem om die eerste NamLITS Aanlynkafee op die been te bring. NamLITS Aanlynkafee is ’n uitbreiding van die Vleisraad met die doel om hulp aan produsente te verleen met die funksies wat op die NamLITS aanlynstelsel beskikbaar is. Nicolene se NamLITS Aanlynkafee is gerieflik geleë in die NLU-gebou, Agrihouse in Windhoek. Nicolene Coetzee van Gumtree Tag Solutions gesels met Kosmos 94.1 Nuus.