Onafhanklike krag-produsente kan vinniger sonkrag-aanlegte op die been bring

Die Suid-Afrikaanse departement van omgewingsake het vroeër vandag bekend gemaak dat dit binnekort nuwe reëls bekend sal stel wat onafhanklike krag-produsente sal help om vinniger sonkrag-aanlegte op die been te bring. Minister Barbara Creecy sê sy sal teen Augustus ‘n nuwe wysigingswetsontwerp vir openbare kommentaar in die Staatskoerant publiseer. Dié wetsontwerp sal verseker dat krag-produsente se aansoeke baie vinniger deur die departement se goedkeuring-s-proses sal kan gaan. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …