Lewer insette oor SA Gebaretaal as 12de amptelike taal

Suid-Afrikaners het 30 dae om insette te lewer oor ‘n voorgestelde wysiging aan die Grondwet, wat Suid-Afrikaanse Gebaretaal die 12de amptelike taal sal maak. ‘n Woordvoerder van die ministerie van justisie, Chrispin Phiri, sê die wysiging sal die grense van ingeslotenheid uitbrei om mense met gehoorgestremdheid in te sluit. Phiri sê dit sal ruimte skep vir gebaretaal om in skole aangebied te word en werksplekke sal maatreëls moet instel om die dowe gemeenskap tegemoet te kom.