Namibiese weerkantoor maan oor swaar reën, kitsvloede in agt streke

Die Namibiese weerkantoor het pas ‘n waarskuwing vir agt streke in Namibië vir swaar reën oor die naweek uitgereik. Die hoofweervoorspeller, Odillo Kgobetsi sê die streke van Zambezi, Kavango-Oos- en -Wes-, Ohangwena, Otjozondjupa, Khomas, Hardap en Karas kan swaar reënneerslae en kitsvloede oor die naweek verwag.