Pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund kan gesluit wordJanuary 28, 2022
Waarskuwings is ook deur die Namibiese Hidrologiese Dienste uitgereik oor vloede in die Oranjerivier. ‘n Deel van die MR 118-pad tussen Rosh Pinah en Oranjemund oos van Sendelingsdrift is tans onder water. Die Paaie-owerheid maan dat die pad moontlik gesluit kan word. Die uitvoerende hoof van die owerheid, Conrad Lutombi sê die span is op ‘n gereedheidsgrondslag.