Covid-19: 15 sterftes in sewe distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 15 Covid-sterftes in sewe distrikte aangemeld, asook 104 nuwe gevalle uit 1 454 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 7,2 persent verteenwoordig. In die groep is 13 leerders van verskillende skole, asook vyf onderwysers en gesondheidswerkers elk, en twee studente. Daar is nou 8 203 aktiewe gevalle, waarvan 140 pasiënte in hospitale is en 16 in hoësorgeenhede. Altesaam 20,1 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.