Afrigter van netbalspan praat oor hul vertoning

Die afrigter van Debmarine Desert Jewels sê die span het goed begin, maar het hul vierde en laaste wedstryd net-net met 45-43 teen Botswana verloor. Hulle verbeur die kans om deel te neem aan die wêreldbeker wat volgende jaar in Kaapstad plaasvind. Die span het net een uit die vier wedstryde wat hulle gespeel het gewen, die eerste een, teen Tanzanië. Die afrigter Mary Waya, het ná die wedstryd gepraat.