Namibiese veeveilingspryse kan nog styg

Namibiese veeveilingspryse is aangekondig. Volgens die Namibiese Vleisraad is koeie en kalwers se veilingspryse goed op 13 633 Namibiese dollar, terwyl bokke vir 1 407 Namibiese dollar per kop gaan. Landboukenner Wallie Roux verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus daar is verskeie faktore wat tot prysstygings kan lei.