Kenner: Parlementslede wat mekaar aanval, beroof stemgeregtigdes

Sekere lede van die Nasionale Vergadering na-aap ander parlementslede soos dié in ons buurland Suid-Afrika waar hulle mekaar deurentyd aanval, in plaas van beleide voorstel om die land te ontwikkel. Politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus as parlementslede persoonlik raak, beroof hul stemgeregtigdes van broodnodige ontwikkeling.