Wes-Kapenaar kan slanggifinligtings-hulplyn bel

Oktober tot April is slangbytseisoen in die Wes-Kaap, en soos dit warmer word, word slange meer aktief. Die Wes-Kaapse gifinligtings-hulplyn het inwoners aangemoedig om hierdie tyd van die jaar waaksaam te wees. Direkteur van die Tygerberg-gifinligtingsentrum, Carine Marks, sê daar is in ‘n vyf jaar tydperk 1 411 oproepe oor slangbyte ontvang. Sy sê nie alle slangbyte kan op dieselfde manier behandel word nie.